
=====================================================================
Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Vier nasionale ampstale is beter plan

Dawie van Die Burger lewer 'n pleidooi vir 'n vereenvoudiging van Suid-Afrika se taalsituasie. DIE Bauhaus het stylvol geglo dat minder 
meer is. Maar uit Afrika kom altyd iets nuuts, want Suid-Afrika bewys dat meer minder is. Dis nou met veeltaligheid.

Die land het elf amptelike tale, sekerlik 'n wreldrekord. Nogtans, pleks dat veeltaligheid gedy, word die land eintlik al hoe meer Engels 
eentalig. Veral amptelik, dit wil s van regeringskant. In stryd met die gelykheidsbepaling van die Grondwet word Engels uitermate 
bevoordeel, sodat die digter weer kan uitroep: Engels, alles Engels!

Die praktiese situasie dat een taal meer bevoorreg as al die ander is, het ironies genoeg in Suid-Afrikaanse verband 'n pikante 
voorgeskiedenis. Daarmee trap die huidige ANC regering presies in die spoor van dr. Hendrik Verwoerd.

Voordat die Nasionale Party in 1948 aan die bewind gekom het, is 'n republikeinse konsep-grondwet opgestel waarin gelyke status aan twee 
amptelike tale, Afrikaans en Engels, toegeken is. Verwoerd het volgens oorlewering egter in die konsep in sy eie handskrif ingeskryf: "met 
voorkeur aan Afrikaans".

Orwelliaans, soos destyds, om die minste te s is die land vandag terug by so 'n aweregse voorkeurbeleid: Alle tale is ewe gelyk, maar een 
meer gelyk as die ander.

Hou nou gemaak?

In die grondwetlike onderhandelinge, waar "goeters van die tafel afgeval het" (soos F.W. de Klerk   agterna bedremmeld toegegee het), is 
Afrikaans met 'n slim skuif gekielhaal tot waar hy nou is.

Suid-Afrika het elf amptelike tale gekry: Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xisonga, Afrikaans, English, isiNdebele, 
isiXhosa en isiZulu. Gou-gou het dit egter geblyk dat daar op die hoogste regeringsvlak 'n sterk gevoel ten gunste van Engels is. Die 
gevoel, hoewel nie altyd nie, is soms tog gewoon anti-Afrikaans, en baie beslis is daar sowat geen poging tot bevordering van die ander 
inheemse tale nie.

Engels is al voorgehou as die taal wat die verslagtaal (language of record) moet wees of dis sogenaamd ook die "taal van aspirasie", 
verbeel jou.

Bowenal word die groot troefkaart gespeel, dat Engels die internasionale taal is wat almal dan sou verstaan (terwyl opnames getoon het dat 
tot 40 persent van die Suid-Afrikaanse bevolking geeneen van die vorige twee amptelike tale magtig was nie, en terwyl instellings wat 
Engels as die internasionale taal aangryp, verreweg die meeste van hul sake binne-in Suid-Afrika verrig).

Desondanks gebeur wonderlike dinge steeds met Afrikaans, soos sy skrywers, digters, liedjieboere, koerante en tydskrifte getuig. Maar hy 
floreer eenvoudig nie op alle gebiede nie, in teenstelling met wat sommige goedgelowiges verkondig het noudat die taal "bevry" is.

In sy hor funksies ly Afrikaans skade. Aktiewe vyandigheid het geblyk in van die SABC tot die Poskantoor, van die Lugdiens tot die 
Parlement. Groot sakeondernemings het Engels begin gebruik, en op akademiese gebied is daar pogings om die voormalige Afrikaanse 
universiteite en kolleges te verengels.

Op amptelike vlak begaan die Regering dieselfde fout wat so baie regerings elders in Afrika begaan het. Die voormalige koloniale taal word 
tot enigste amptelike taal verhef. Die gevolg, soos taalgeleerdes soos Kathleen Heugh   oortuigend uitwys, was droewig dwarsoor Afrika: 
regerings kon al hoe minder effektief met hul bevolking kommunikeer. Intussen het Thabo Mbeki, die volgende president, in sy   toespraak 
oor die "Afrikaner vraagstuk" uitdruklik verklaar dat ng die land ng die Regering die "bitter ontevredenheid" van 'n groot en sterk 
minderheidsgroep kan bekostig. Dit geld vir meer groepe as die Afrikaners, al lyk dit of swart taalgroepe tans nie so sterk as die 
Afrikaanssprekendes oor hul eie tale besorg is nie. Elders in Afrika is daar egter reeds roeringe onder intellektuele ten gunste van die 
bevordering van 'n eie taal.

Met dit alles in gedagte is elf amptelike tale klaarblyklik nie 'n praktiese opsie in Suid-Afrika nie. Die koste, die noodsaak, ja selfs 
die begeerte daarvoor spreek tot die teendeel.

Daarom doen Dawie voorspraak vir die idee dat daar in die Parlement en op nasionale vlak vier amptelike tale moet wees: Sotho, 'n Nguni 
taal (die twee grotes, Zoeloe en Xhosa, is baie na aan mekaar), Afrikaans en Engels.

Volgens taalgeleerdes word die viertal deur tot 98% van die land se mense gepraat en verstaan. Deur gelyke behandeling van die vier sal die 
bevolking dus grootliks bemagtig word, in die beste sin van die woord.

Die koste wat die Parlement betref, blyk min of meer gelyk te wees aan parlementslede se subsidie op hul maaltye. Die beindiging van so 'n 
voorreg is miskien 'n sware offer vir die agbare lede op die soustrein, maar eintlik maar 'n klein offertjie wat groot en goeie gevolge kan 
h.

Die ideaal van volkome taalgelykheid kan moeilik bereik word met elf tale, waarvan sommige slegs deur klein minderhede gepraat word. As 
daar egter van die hoogste vlak 'n bewuste, praktiese taaldiversiteit gehandhaaf word, word dit makliker om op provinsiale en plaaslike 
vlak ook erkenning te gee aan die kleiner tale waar die behoefte bestaan.

Buitendien moet voortgegaan word met die taak waarop die gewese Pansat ondervoorsitter dr. Neville Alexander treffend gewys het, dat 'n 
infrastruktuur van terminologie, woordeboeke en vertalers vir alle tale gevestig word. Slegs daardeur neem 'n taal sy volwaardige plek naas 
ander in die onderwys en samelewing in. En soos ook Unesco   erken, moedertaal-onderrig is verreweg die beste metode van onderwys. Dis in 
belang van die land se groot diverse bevolking om hul talente op die beste wyse te ontwikkel.

Vier amptelike tale op nasionale vlak is sowel wenslik as prakties haalbaar om Suid-Afrika se verwikkelde taalwerklikheid beter te 
akkommodeer.

Die Bauhaus het tog gelyk: minder is meer! Dawie   is 'n politieke rubriekskrywer van die vier Naspers dagblaaie.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av621.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

